The BandAid Strip
Counselling/Coaching Services

Place of hope, healing and new beginnings!
Welcome to the home of HOPE,
HEALING and NEW BEGINNINGS!

The unique, self-help platform to a complete
LIFE MAKEOVER that includes:
* emotional healing
* a higher level of self-knowledge
* deeper spiritual understanding
* a journey of powerful self-discovery that will
lead you to the REAL YOU, your TRUE SELF ...

A complete tried-and-tested roadmap to a new life,
step-by-step, in your own time,
at your own pace and in your own space ...
a deep cleansing and gentle healing that
eventually turns discovery into recovery!
Het Jordaan
Specialist:  Life Skills
(Educator/Trauma therapist)

thebandaidstrip@gmail.com
Pretoria 
https://web.facebook.com/
bandaidstrip.co.za

082 392 1663
https://web.facebook.com/
BASyouthprogram

SUKKEL JY met die lewe, jou huwelik, verhoudings ...
of voel jy dalk depressief, bekommerd, n bietjie stukkend ...
wat van verworpe, waardeloos, eensaam ...
of miskien voel jy hartseer of n bietjie verniel? 


Hoe dit ookal sy, ons almal kom soms by n plek in ons lewens waar alles so uitgewas of moedeloos en selfs futiel voel, so afgesaag en ondraaglik toonloos. 

Dan wens jy dat jy iets gehad het waarmee jy jouself weer kon inspireer, iets om jou lewe weer opnuut mee in te kleur of nuwe ritme mee te gee.

Dan kom n mens soms ook op n plek waar jy so moeg is vir die pyn en die onthou wat jy reeds jare lank saam met jou sleep terwyl jy smag na verlossing en vernuwing.

Nog erger is die plek waar jy n groot verlies gely het, dalk was dit jou huwelik of n geliefde wat jy verloor het, miskien n inkomste of jou gesondheid wat van jou ontneem is ... dan het n mens iets nodig om jou te help om daardie verlies te verwerk of die balans te herstel.

Ander kere kry n mens jouself by n plek in jou lewe waar jy meteens besef jou hele lewe draai om n groot leemte of behoefte, dalk iets wat jy begeer of wat jy nodig het vir geluk of vervulling.

Of jy kom by n plek waar jy noodwendig moet aanvaar dat die tyd jou ingehaal het terwyl jy wens jy kon nog n bietjie kleur en betekenis, dalk n nuwe rigting en vars oomph in jou lewe sit om dit weer die moeite werd te kon maak.

Sulke tye kan n mens nie help om te wens vir n toolbox vol fairy dust en towerstaffies om dit moontlik te kan maak nie, maar
WAT JY EINTLIK NODIG HET is net -
          n maklike, vinnige, stap-vir-stap padkaart om jou te help om op die kortste en vinnigste manier denkbaar weg te kom van die slegte plek na n beter plek of n goeie plek ... sonder dat dit jou n hoop geld, n hoop tyd of n hoop ongerief kos. 


Verkieslik iets wat werklik bekostigbaar is en wat jy in jou eie tyd kan doen sonder om n klomp inligting te moet leer of intieme persoonlike dinge met n totale vreemdeling te moet deel.

Dit moet iets wees wat jou weer heel en opgewonde oor die lewe kan maak, wat jou lewe weer kan herstel en met nuwe vlerke na hor hoogtes van geluk en vervulling kan oplig tot by die plek van .... all is well with my soul!

DIE EINTLIKE OPLOSSING WAT JY NODIG HET is om vinnig en gou uit te vind HOE OM jou eie berader/terapeut/life coach/cheerleader te wees sonder enige formele opleiding, en dalk wil jy vir jou kind of kleinkind ook dieselfde voorsprong in die lewe gee.

HET JY GEWEET? ...  So n oplossing is per maklike epos beskikbaar teen slegs R400, waar jy net eers R200 betaal vir die eerste deel van die program en as jy nog wil aangaan, dan eers betaal jy die laaste R200.

HOEKOM is hierdie maklike, bekostigbare, self-help produkte en platform reeds jare gelede ontwerp?  Want ons het almal hulp nodig in hierdie tyd en in hierdie land waarin ons leef. 

Met die hemelho oorlewingskostes, armoede en werkloosheid, asook ...
-  die steeds stygende gebroke huwelike en egskeidingsyfers teenoor ...
-  die skokkende selfmoord getalle terwyl ...
-  geweldadige misdaad en korrupsie steeds toeneem ...
-  terwyl ons almal net moedig worstel en spartel om te kan oorleef, ...
-  het niemand meer die tyd, geld of energie beskikbaar vir duur en tydrowende terapie/coaching sessies nie. 

Nee, ons het eenvoudige, praktiese en effektiewe HULP nodig!

DAAROM het ek besluit om landswye, digitale hulp te ontwerp waar die goedkoopste, maklikste, vinnigste, gerieflikste en prettigste self-help programme geleidelik per epos aan jou afgelewer kan word wat jou inderwaarheid kan wys HOE JY SELF:
   jouself kan herontdek vir n gesonde selfbeeld en selfvertroue,
   jou pyn, verwonding en trauma finaal kan verwerk,
   jou verlede kan gebruik om wins te maak uit jou trane en foute,
   jou hede kan inkleur met nuwe hoop,
   jou nuwe lewe en toekoms kan ontwerp
   sodat jou lewe alles kan wees wat jou hart begeer,
   terwyl jy in die proses vinnig jou eie berader/terapeut/life coach/cheerleader word
   teen n koste wat minder is as een terapie sessie!

HIERDIE PROGRAM BESIT AL DIE tools WAT JY NODIG HET om jou lewe en menswees vlak-vir-vlak en faset-vir-faset uit te sorteer terwyl jy die boek op jou verlede toemaak sodat jy jou gisters kan agterlaat om vandag vir jou nuwe mores te kan beplan.

HIERDIE IS N MAKLIKE STAP-VIR-STAP SELF-HELP PROGRAM wat geleidelik (2 x per week vir 3 maande lank) per epos aan jou gelewer word en dit is deurspek met prettige self-ontdekkings oefeninge en maklike beplannings-werkstukke sodat jy rustig en tydsaam in jou eie tyd jou hele lewe kan verander. 

Boonop het jy die voordeel om dit met n PROEFLOPIE te kan doen, nl:
   die hele program kos R400,
   maar jy begin deur net R200 te deponeer in:  H Jordaan  -  Capitec spaarrek. 1637175637
   waarna jy onmiddellik met die program begin sodra jou betaling ontvang is,
   en na 6 weke wanneer jy die eerste helfte voltooi het, dan eers besluit jy of jy die res van die program ook wil doen ...
   waarop jy die laaste R200 betaal en die program dadelik weer begin ontvang totdat die hele program aan jou afgelewer is.
   Deurentyd is ek boonop tot jou beskikking (epos en whatsapp) vir enige vrae, probleme of persoonlike hulp vir solank as   wat jy in die program is ...
   terwyl jy teen jou eie tempo werk sonder om enige werkstukke hoef in te handig. 

Jy werk dus deurentyd MET jouself VIR jouself sodat jy kan leer hoe om enige en elke probleem en terugslag van die lewe suksesvol te kan hanteer terwyl jy vir jouself die lewe van jou drome ontwerp en sodoende jouself n nuwe kans op die lewe gee ...

WANT almal van ons kry net EEN LEWE om te leef en ons almal verdien 'n nuwe en beter kans op hierdie ENIGSTE LEWE van ons!

n MAKLIKER en KORTER WEERGAWE van hierdie selfde program is ontwerp om jou kind toe te rus met n groot voorsprong in die lewe aangesien dit jou kind se intellekte, aanlegte, vaardighede, gawes, talente, belangstellings (wat jy dit ookal wil noem) uitlig sodat jou kind met n gesonde selfbeeld, oordeel, selfvertroue en potensiaal sy/haar toekoms tegemoet kan gaan. 

Albei hierdie programme word ook prakties vir groepe en ondersteuningsgroepe in Pretoria omgewing aangebied - kontak my gerus indien jy sou belangstel om dit te fasiliteer by jou kerk, skool, sosiale groep, funksie of as fondsinsameling. 

Vir meer besonderhede, besoek gerus: 
https://web.facebook.com/bandaidstrip.co.za  of kontak my by thebandaidstrip@gmail.com of whatsapp:  082 392 1663 - Het Jordaan (Life Skills Specialist/Trauma therapist)

                                                                                                                           Smart Kids Jeugprogram  ...  PAGE 3


Uittreksels uit die BandAid Strip se LIFE MAKEOVER program:
Hoe gee jy jouself n nuwe kans op die lewe ...

So, kom ons staan vir n paar dae stil by n volledige LIFE AUDIT of lewenspeiling vir elke faset van jou lewe.  Ek gaan dus oor die volgende paar afleweringstye vir jou die 9 fasette van jou lewe blootl d.m.v. voorstelle of vrae, en jou werksopdrag is om dit deur te werk en presies te bepaal wat jy die graagste in elke faset van jou lewe sou wou h ...
          Bedink die vrae deeglik en doen ekstra moeite deur dalk n paragraaf of twee oor elkeen te skryf, want dit handel oor jou diepste behoeftes en begeertes.  En hou in gedagte dat enigiets moontlik is.  Reg so?
          Hoekom wil jy dit doen?  Want jy het klaar vroer geidentifiseer wat jou ONGELUKKIG maak of waarop jy uitmis in jou lewe (jou projek), en nou het jy nodig om te kan identifiseer wat jou werklik GELUKKIG sal kan maak - m.a.w. hoe lyk jou geluk werklik en in detail.
          Hou in gedagte:  mense het geen benul wat hulle werklik wil h of hoe hulle lewens/geluk moet lyk nie, en daarom voel n mens so maklik soos n magtelose slagoffer wat geen keuses of beheer oor jou eie lewe het nie ...  Onthou dat alles in die lewe met n visie en n droom begin, en selfs die skepping het in Genesis so ontstaan ...

Hou in gedagte alles in die skepping is energie.  Geloof is bv. positiewe energie wat meer geloof aantrek, en wanhoop is negatiewe energie wat geloof en vertroue afstoot.  Die een is lig en die ander is duister.  Vreugde is ook positiewe energie (lag en die wreld lag saam met jou), en swaarmoedigheid soos depressie is negatiewe energie (huil en jy huil alleen).
          Deur n enkele POWERFUL besluit te neem, het jy die negatiewe energie in jou lewe omgedraai in positiewe energie, want jy het AANVAARDING begin ervaar! 
          Nee, jy het nie vergeet van al die liddorings en turksvydorings in jou siel nie, en jy het ook nie vergeet van al jou foute, trane en pyn nie.  Jy het eenvoudig net besluit jy aanvaar die hele evil lot sonder om dit langer te ignoreer of ander te blameer - jy het jou power and control teruggevat en nou kan jy daarmee maak net soos jy wil.  Dit behoort berusting ook mee te bring.
          Jy het boonop n negatiewe siklus in jou lewe gebreek sonder dat jy dit ervaar of eintlik besef, en dit beteken jy is nou instaat om n positiewe uitkoms vir jouself te beplan aangesien jy nou in beheer is.  Hierdie dinge wat jou pla, sweef nie meer buite jou bereik nie en dit bepaal nie meer jou uitkoms nie.  Aanvaarding het dit binne jou bereik gebring.
          Wat eens onmoontlik was, is nou skielik moontlik want, solank as wat jy dinge of dele van jou lewe verwerp of in ontkenning (denial) leef, bring dit n energie-afstand tussen jou en daardie situasie, m.a.w. jy kan dit nie bykom nie omdat jy geen outoriteit daaroor het nie.  Jy het dit mos weggestoot of gemaak asof dit nie bestaan nie.  Jy wou dalk nie daaraan dink nie en jy wou beslis nie daaraan herinner word nie.  Sodra jy dit egter aanvaar, dan sny jy die energie afstand uit en die situasie kom binne jou bereik en beheer. 
          Boonop bring aanvaarding hierdie negatiewe wentelende dinge in jou lewe tot stilstand sodat jy dit met outoriteit kan sorteer:  wat moet in en wat moet uit, wat moet ge-fix word en wat moet bly soos dit is.  Met ander woorde:  jy het dan die keuse om te besluit wat moet verander, wat moet verbeter en wat moet verwerp word ...

Hierdie 3 POWER KEYS l reeds binne-in jou en word alreeds in n mindere of meerdere mate daagliks deur jou gebruik, maar omdat jy dit outomaties en onwillekeurig doen, en nie werklik bewus is daarvan nie, het jy dit heel moontlik nog nooit bewustelik ge-boost en ontwikkel nie ....
          Hierdie drie werk op die drie vlakke van jou menswees:  jou gees (HQ), jou siel (EQ) en jou liggaam (IQ).  Hierdie 3 INGEBORE SKEPPINGSWONDERS binne-in jou is wonderbaarlik deur God binne-in jou geskep om jou te help om enigiets in jou lewe moontlik te kan maak.  Onthou:  Hy het ges jy is na Sy beeld en gelykenis geskape ...
          Jou onderbewussyn (HQ - higher intelligence) is die mees powerful memory bank imaginable omdat alles wat jy ooit gesien, gelees, geleer, gehoor of ervaar het, daar gestoor l - selfs al kan geen mens alles onthou nie.  Terloops, dit is n skeppingswonder en powerkey wat n nuwe wreld vir jou kan oopsluit MITS jy daarvan weet en bereid is om dit te ontgin en te gebruik ..."

"Onthou dat self-talk refreine is wat ons bewustelik en onbewustelik teenoor onsself herhaal,
en dikwels doen ons dit om onsself te beskerm teen iets ...
Watter van die volgende 30 voorbeelde is op jou van toepassing?
1.   Ek het geen besondere goeie kwaliteite nie.
2.   Ek isn mislukking.
3.   Ek is maar mediocre en verwag daarom nie veel van myself nie ..."

"Skommel nou die volgende 20 negatiewe gemoedstoestande of emosies volgens jou waardesisteem waar nr. 1 die een ding is wat jy ten alle koste wil vermy terwyl nr. 20 die mees draaglike van die lys behoort te wees ...
1.   Alleen, afgesonder, geisoleerd
2.   Ontrou en verraad
3.   Siek, sonder fisiese of emosionele energie
4.   Vasgevang, magteloos ..."

"Wat gebeur wanneer n mens nie in voeling met jou emosies is nie, m.a.w. jou emosionele intellek (jou EQ) word nie ten volle ontwikkel of gebruik nie?  Jy dink DIESELFDE gedagtes (wat dikwels voortspruit uit jou self-talk) wat veroorsaak dat jy DIESELFDE emosies ervaar wat lei tot DIESELFDE aksies wat jou lewe in n groef verander - n vol sirkel wat altyd op DIESELFDE plek begin en op DIESELFDE plek eindig ...
          Daarom is emosionele intelligensie (jou EQ) so ontsettend belangrik vir n suksesvolle en gelukkig gebalanseerde lewe ..."

"Hier volg 30 maklike selfondersoek keuse-vrae wat jou behoort te help om enige wrokke, bedekte emosionele pyn, triggers, letsels, persepsies, denk- en gedragspatrone, ens. in jou lewe uit te lig ...

Website designed by Het Jordaan - 2006
                                                                                                                                                       
Smart Kids Jeugprogram  ...  PAGE 3