The BandAid Strip
Counselling/Coaching Services

Place of hope, healing and new beginnings!
 
Het Jordaan
TRAUMA COACH:
Life Crisis Management Skills
(Life Survival Skills)

thebandaidstrip@gmail.com
082 392 1663

https://web.facebook.com/
bandaidstrip.co.za

https://web.facebook.com/
BASyouthprogram


Ten tye van trauma, seerkry en swaarkry, is daar altyd
vyf vrae binne-in elke mens wat alles kan vererger:


VRAAG 1: 
Hoekom ek, wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien?

VRAAG 2: 
Hoekom het God dit toegelaat of aan my gedoen?

VRAAG 3: 
Bestaan God ooit werklik en hoe kan 'n mens met sekerheid weet?

VRAAG 4: 
Waar is die God van liefde en genade dan in tyd van nood en pyn?

VRAAG 5:
Kan Hy my ooit hoor, weet Hy van my en hoe weet ek
Hy sien my raak, en Hy wil my help?
And the devil thought he had her, but he didn't know the story God has given her to tell ...

Sommige mense dink hulle is min en ander dink selfs hulle is minder, maar ek het grootgeword met die idee dat ek 'mindererste' is, totdat 'n wonderwerk my getref het.  Met dit in gedagte wil ek onderstreep dat ek niks beter as enigiemand anders is nie.  En die feit dat ek in 'n huis grootgeword het waar ek nie gehoort het of welkom was nie, het nie eintlik gehelp om my menswees te boost nie. 

Tewens, ek het grootgeword met geen support, begrip, genade, hulp, enige regte of 'n stem nie.  Niemand het belanggestel om te weet hoekom ek van kleintyd af so lost and damaged was nie - nog minder hoekom ek op ouderdom 15 reeds probeer selfmoord pleeg het nie.

Ek was op soveel vlakke verwaarloos en dit het bygedra tot my "andersheid" wat my 'n nog groter teiken gemaak het, maar die mishandeling het gesorg vir my besondere ho AQ, HQ en EQ.  Wins uit my pyn waarvoor ek so ontsaglik dankbaar is. 

Dit alles het begin die dag toe ek Jesus tussen die blaaie van 'n stukkende kinderbybel ontdek het en besef het hierdie is my kans op 'n wonderlike en powerful imaginary friend ... the most precious and greatest gift of my life!

Hier volg my getuienis en storie in 'n neutedop.  As jy meer wil weet oor enige spesifieke wonderwerk of profetiese droom, laat weet my gerus en ek stuur dit vir jou.  Nou ...

Daar bestaan iets wat genoem word:  the gift of trauma, wat beteken dat elke terugslag of probleem in die lewe 'n diamant bevat.  'n Kosbare skat, mits jy weet hoe en waar om daarna te soek.  Die LIFE MAKEOVER program handel spesifiek hieroor, maar hierdie afdeling oor geloofsgetuienis en wonderwerke het ek hier ingebring om jou te oortuig dat die geestelike, die Goddelike, die onsienlike, en die ondenkbare REAL is - al is dit ver bo 'n mens se begrip.

Ek het op bladsy 1 melding gemaak van God se opdrag aan my t.o.v. die kennis en wysheid wat ek d.m.v. trauma moes aanleer ten einde ander daarmee te kon help, en dit was altyd maklik om te doen omdat dit my passie is.  Maar wat ek nie gemeld het nie, is dat die opdrag tweeledig is:  eerstens moes ek mense leer en tweedens moes ek:  "Your testimony will encourage others to persevere and trust Me to the end ..."

Met wie moes ek hierdie universal laws, life secrets en getuienisse deel?  "You will deal with the down and outs, and people from all denominations will flow through your life to receive an anointing from God ..." Met ander woorde, almal wat na Hom soek en Sy hulp nodig het, nl. the hurt, the lost and the broken.

Het ek dit gedoen?  Nee, want dit was t moeilik vir my om vir mense die waarheid te vertel terwyl hulle my aankyk asof ek 'n straightjacket nodig het om my te help om minder te lieg.  Ek het eerder stilgebly.  Ek het nie kans gesien vir mense se oordeel, beterweterigheid of kritiek nie totdat ...

Ek het een nag 'n droom gehad van die mooiste man wat voor my verskyn het en langs my op my stoel kom sit het terwyl daar geen plek was vir hom nie.  Tog het hy, op een of ander manier, langs my ingepas.  Hy het my stip in die o gekyk en geglimlag asof hy vir my die grootste verrassing het, en toe soen hy my sag op my mond.  Dit was asof my lippe gesalf was.

Meteens het ek in dieselfde droom mense sien staan wat gekom het om na my te luister, om die woord te kom ontvang en ek het hulle met selfvertroue tegemoet gestap om my storie te kon deel.  Daar was Christene n gelowiges.  Wat is die verskil tussen di twee groepe?  Believers walk their talk!

Net voor hierdie droom het ek woord ontvang dat die vyand my mond weer gaan probeer stilmaak en die volgende nag het ek gedroom van 'n slang wat my aanval, maar ek het die slang aanhoudend met 'n swaard geslaan totdat hy dood was.  As a warrior in the Kingdom of God, het God my weereens die oorwinning gegee nog voordat die aanval my werklik getref het en van hierdie aanvalle was daar baie.  Dikwels het ek in my profetiese drome satan gesien waar hy of besig was om my lewe te stroop, of my van agter 'n venster (a barrier) met haat sou aangluur, en selfs waar hy my snags sou probeer verwurg.

Terwyl ek in die donker op my bed gel en die droom oor die engel wat my lippe kom salf het met 'n soen, bepeins het, het ek onthou dat God jare gelede reeds vir my in 'n droom gewys het hoedat ek op 'n kaai staan en die visse bokant die water uitgekom het sodat ek my kennis en getuienis met hulle kon deel (vissers van mense, het Jesus mos ges).

Waar het my profetiese drome begin?  Na 'n verwaarloosde en broken kinderlewe wat my laat glo het ek is 'n reject and outcast, het ek eendag vir my Here gevra hoekom was Josef Sy witbroodjie en nie ek ook nie?  Hoekom kon Josef profetiese drome ontvang en uitl, terwyl ek God nodiger het as die suurstof in my longe en tog moet k blindelings en alleen deur die lewe strompel?  Ek wou asb. ook sulke profetiese drome of divine revelations van God ontvang. 

Het ek geglo dat God steeds met mense deur drome praat?  Nee!  As God dus met my deur 'n droom sou praat, dan sou dit die grootste wonderwerk van my lewe wees.  Het ek so 'n wonderwerk verdien?  Nee!  Het ek so 'n wonderwerk verwag?  Nee!  Inteendeel, ek het geweet ek hap soos gewoonlik na wind omdat ek weier om te glo aan "onmoontlik".

Die volgende oggend het ek met 'n asemsnak wakker geruk omdat ek besef het dat ek die vorige nag die vreemdste bonatuurlike ervaring gehad het - ek het die hede en die toekoms van my gesin in 'n helder droom gesien, alhoewel ek die simboliek nie kon verstaan nie.  Ek kon nie wag om dit met my man te deel nie en, soos gewoonlik, kon hy net sy wenkbroue vir my en my 'oorywerige' verbeelding optrek.  Min het ek besef dat hierdie droom ook sy komende dood voorspel het.

Ek het orals koorsig en tevergeefs gesoek na iemand wat die droom vir my kon uitl en, totdat ek op 'n dag ervaar het hoedat "iets" my maskara uit my hand haal en my op my knie langs my bed laat neersak waar ek in 'n oogwink terug was in my profetiese droom, sou ek nooit kon glo dat God Self die droom aan my sou uitl nie.  Tewens, ek het by my volle bewussyn ervaar dat ek in my kamer langs my bed op my knie was en terselfdertyd terug in my droom - die vreemdste ervaring ooit!

Ek was nie alleen nie, daar was a holy presence langs my wat ek in my hart kon hoor, maar dit het elke keer buite my gesigsveld verskuif wanneer ek my kop gedraai het om dit te probeer sien.  En so het my God daardie dag vir my my eerste profetiese droom stuk vir stuk Self uitgel - hierdie droom het enduit in vervulling gekom jare later met my man se dood. 

Ek het hierdie droom en uitlegging in 'n neutedop hier neergepen want, net soos al my getuienisse en wonderwerke, is dit t lank om hier te publiseer.  As jy egter die getikte weergawes wil ontvang, laat weet my net.  Ek lewer dit veral in kerke waar God se kinders dit kan hoor, as jy dalk sou belangstel om my te nooi vir so 'n praatjie by jou gemeente.

Verder:  God het my een nag die hemel gewys waar ek my oorlede man besoek het, jare voordat hy werklik heengegaan het.  Daar het ek mense gesien vir wie ek steeds oneindig lief is al is hulle reeds baie jare oorlede, maar dit was die milieu of omgewing wat my na my asem laat snak het.  Soveel so dat ek geweier het om weer terug te kom en my oorlede man my moes dwing om terug te keer.  Dit was nie 'n near death experience nie, dit was 'n profetiese droom.  Het jy al ooit gewonder of mense wie selfmoord pleeg in die hemel kom?  Ek het, en hulle was daar!

So het God vir my in 'n droom die vlees-verterende kanker in my man se liggaam gewys en in 'n ander droom hoedat daar drie le doodskiste was.  'n Man het in die eerste een geklim en die deksel het toegegaan.  'n Tweede man (ons buurman) het in die tweede kis geklim en die deksel het toegegaan.  My man het in die derde kis geklim en die deksel het toegegaan.  Twee mans wat ons ken sou dus eers sterf voordat dit my man se beurt sou wees ... en dit het presies so gebeur.

Ten tye van my man se siekte het ek begin twyfel of my geloof die marteling sou oorleef.  God het my in 'n droom gewys hoedat ek in my voertuig oor 'n brug sou ry wat twee kontinente verbind het, en toe ek in die middel van hierdie ontsaglike ho brug was, het ek beheer oor my voertuig verloor en dit het in die rondte begin tol (ek het beheer oor my geloof verloor).  In my droom het ek gegil:  Jesus!  My kar het onmiddellik tot stilstand gekom en veilig oorgery na die ander kant - na die weduwee kant en ek het geweet:  all will be well with my soul!

Daar was ook een nag 'n waarskuwing van hoe 'n reuse slang my in my rooi Honda probeer aanval het, maar agter my het 'n baie groot man gestaan en my stip dopgehou.  (Al ooit gewonder of jy 'n beskermengel het?  Jy het).  Die slang het gestorm om my dood te maak en die man het eenvoudig sy skouer gelig sonder om eers sy kop te draai en die slang het gerol.  Die volgende dag was ek oppad lughawe toe in Kersverkeer toe my enjin meteens uitsny sonder rede.  Ek was in die vinnige baan en daar was geen manier dat ek my locked power steering kon gebruik nie, en ek moes 'n ontsaglike ongeluk veroorsaak het - ontwerp om my lewe te eis.  Tog het my motor onverklaarbaar uit die pad van die geweldige verkeer gekom en sonder enige skade langs die pad gestaan.  Ek kon dit nie verklaar nie ... hierdie getuienis is t lank om hier uit te skryf, maar dit was nog een van God se grootste wonderwerke van beskerming vir my.

My geliefde karretjie se enjin was morsdood, sonder rede of oorsaak, waar niks gebrand of gekook het nie, en 'n nuwe enjin moes ingesit word waarna die kar nooit weer dieselfde was nie.  Ek het my Hemelse Vader gaan vra vir skadevergoeding, want die Woord s as jy die dief kan vang, dan moet hy 7-voudig aan jou vergoed.  Satan was die dief en ek wou vergoeding h, maar net God het daarvan geweet.  Op 'n dag, uit die bloute, ontvang ek 'n luukse motor met 'n groot strik op, gratis en verniet, tot die versekering word voluit vir my betaal.  Dink jy dit was 'n groot wonderwerk?  Dan moet jy die storie van my droomhuis hoor.  Ek het die prentjie geteken en vir my God gegee wat tot op die laaste detail aan my afgelewer was.  Ek waarborg jou jy sal dit nie glo nie ... that's my God!

O ja, een van die beste Josefdrome wat God my ooit gegee het, was die een waar Hy Self voor my uitgeloop het in 'n loopgraaf met 'n engel wat agter my gestap het.  In di ongelooflike droom het God woedend spinnerakke voor my stukkend geskeur met Sy hande ... en daar was groot swart spinnekoppe wat met wit eiers aan 'n boom gehang het ... en God het vir my ges:  Moenie talm nie, My kind, hardloop!  Dit is een van die mees fantastiese oorwinnings-getuienisse wat my God my gegee het omdat Hy Self met my vyand skaak gespeel het ... move by move ... checkmate!

Die pynlikste en rouste trauma in my lewe was toe my enigste kleinkind, 'n seuntjie van 4 jaar oud, moes teruggaan hemel toe a.g.v. Neuroblastoma kanker.  Tog, al was dit die seerste en die bloedigste trauma van my lewe, was dit 'n exhilarating experience with God.  God het vir my ges dat Hy hom nie net sal kom haal nie, ek moet gereed wees daarvoor en k sal die soul tie moet sny wat beteken k sal my kleinkind vrywillig vir God moet teruggee.  Dit was rou hel en tog kon ek sy lyding nie langer verduur nie.

Op 'n dag het ek 'n bos binnegestap en daar snikkend my klein liefling in die gees vir God teruggegee deur Hom toestemming te gee om hom te kom haal.  Ek het egter ook gevra dat God moet bevestig dat dit HY was wat my kind kom haal en nie satan wat hom kom roof nie.  Daarom moes dit op 'n Sondagnag ('n Sabbatsnag) kort na middernag gebeur, want dit sou my teken wees dat my Here Self hom kom haal het.  Direk na hierdie oorgawe het ek in my gees 'n engel gesien wat naderstap na 'n bed waarop my seuntjie l.  Die engel het gebuk en hom saggies opgetel sonder om enigsins met my oogkontak te maak.  God se vrede het my omvou.

'n Paar dae later het ek een nag in 'n droom klein Jonathan se gesiggie gesien wat slaap, want teen daardie tyd was hy in 'n koma.  Meteens het 'n goue lig in sy kop aangegaan en sy gees het soos fairy dust by sy fontanel uitgefladder.  Die goue lig het direk daarna afgegaan en die gesiggie het weer "geslaap".  Ek het wakker geword van my foon wat lui:  my seuntjie is sopas oorlede en dit is ... wag vir dit ... 'n paar minute na Sondag middernag!

Hy het sy mamma gaan groet direk nadat hy gesterf het en vir my in 'n droom kom groet.  Daarna het hy eenkeer in 'n droom verskyn met sy stukkende voortandjie perfek herstel en toe weet ons hy is in die hemel.  Dit is net die kortste weergawe van die wonderlikste liefde, genade en wonderwerke wat God in hierdie tyd van nood vir ons gegun het. 

Nog 'n mindboggling wonderwerk was die volgende: eendag het ek op Strand (Kaap) se Greenways Golf Estate gestaan en vir my Here gevra:  Hoekom kan ek nie permanent hier bly nie?  Dieselfde dag staan ek op Hermanus se ou hawe en weer vra ek:  Pappa God, hoekom kan ek nie permanent hir bly nie?  Wat was my kanse om enigsins in die Kaap op te eindig?  Zero!  'n Paar jaar later bly ek op albei plekke gelyk ... that's my God!

So besluit satan onlangs om my mond finaal te probeer stilmaak met kanker, maar God wys my in 'n droom die bloedrooi luislang wat gekamoefleer l en slaap.  In my droom gee ek dit net een kyk en verklaar:  ek aanvaar dit nie!  Ek het begin siekword die oomblik toe ek my getuienis begin post op social media, en binne enkele weke kon ek kwalik loop van pyn.  Ek moes gaan vir 'n totale histerektomie en 'n omentektomie, maar ek het teen daardie tyd reeds die uitslag gemanifesteer waar ek die kanker uit myself trek met die krag van God, dit in 'n bolletjie rol vir die spesialis om uit te haal sonder dat 'n enkel kankersel in my sal oorbly.

Vir die eerste keer in my lewe moes ek gaan vir narkose en 'n operasie, en, aangesien dit Covid tyd was, moes ek alleen daardie lang wit hospitaalgang afstap met my oornagtassie.  Ek het ges:  Kom, my Here God, laat ons hierdie ding gaan klaarmaak sodat ek silwerskoon en gesond anderkant kan uitstap met 'n cancer survivor kwalifikasie om ander te kan help.  Vir satan het ek ges:  Jy moes my eerder uitgelos het, 'cos now I'm coming for you!

Die uitslag het bevestig dit was kanker, maar die bonatuurlike vrede het binne-in my gebly.  Daar was geen plek vir vrees of bekommernis nie.  Die finale verslag het egter bepaal dat daar geen enkele kankersel in my oorgebly het nie.  Soveel so dat ek geen behandeling nodig het of gehad het nie.  Ek moet net elke 6 maande gaan vir opvolg.  Toe ek na 6 weke se herstel my spesialis se kamers binne trippel, het hy my geskok aangekyk.  Sy eerste vraag was:  Hoe lyk jou bloeding?  En ek wou weet watse bloeding?  Niemand het my ges ek moes bloei nie, en toe het ek nie.  Hy het aangedring op 'n interne ondersoek met sy kameratjie omdat my herstel t wonderbaarlik was vir hom om te glo.  Daar was geen bloeding, geen klonte, geen niks.  Ek was blakend gesond, want my God doen nie dinge half nie!  Ek het dit egter wys geag om nie vir die spesialis te s dat ek reeds twee weke na die operasie weer begin dans het nie - lol.

Ek wil afsluit met my nuutste wonderwerk waar ek reeds jare lank vir God vra vir my ander helfte.  Ek wil nie 'n man h nie, ek wil daardie man h wat God spesiaal vir my gemaak het - 'n Boas by wie ek kon skuil en 'n Aaron wat my arms omhoog sou hou wanneer ek sou moeg word.  Iemand wat God bo alles liefhet en wat Hom saam met my sal dien.  Skielik op 'n dag het ek ervaar dat ek hom in my lewe inroep wanneer ek bid terwyl ek vir God dankie s dat hy op pad is.  En hy was.  Soos ek hom in my lewe ingebid het en van God verwag het, het hy dieselfde gedoen en God het ons as die perfekte twee helftes bymekaar gebring vir 'n volmaakte eenheid.  Glo my, joune is ook daarbuite.  Jy moet net vra en geduldig wees.

Spasie dwing my om nou stil te bly en jou te groet.  Dankie dat ek 'n stukkie van my bediening, my lewe, my storie en my God met jou kon deel.  Ek sou jou graag wou help om ook 'n lewe van oorwinning te kan leef as jy my sou toelaat.  Ek hoor graag van jou en my kontakbesonderhede is bo-aan.

Tot dan ... mooibly-groete en God bless!
Het

Website designed by Het Jordaan - 2006